Fisichem Graad 11 Fisiese Wetenskappe 9781868631438
R195.00
1 in stock (can be backordered)
1 in stock (can be backordered)
Fisichem 11 (KABV) dek die hele sillabus in 13 hoofstukke. In hierdie hoofstukke spreek ons eers die basiese aspekte aan wat leerders moet bemeester. Waar van toepassing, word inhoude uit vroeëre grade hersien. Daar word van ‘n verskeidenheid vraagtipes gebruik gemaak om leerders se kennis, vaardighede en ander vermoëns te assesseer. Ons het probeer om die vrae op só ‘n wyse te orden dat hulle progressief meer uitdagend word. VOLLEDIGE ANTWOORDE word vir AL die vrae in die tweede helfte van die boek verskaf.
Neem asseblief kennis dat die hoofstukke in FISICHEM 11 in dieselfde volgorde gerangskik is as wat deur die CAPS dokument voorgeskryf word. Die Fisika-onderwerpe word dus nie saam in een afdeling van die boek gegroepeer nie en daarna al die Chemie-onderwerpe in ‘n ander afdeling nie (of omgekeerd).
Omdat sommige van die afdelings ook in die Matriekeindeksamen geëksamineer word, het ons hierdie hoofstukke duidelik gemerk en is dit ook baie belangrik dat leerders nie aan die einde van Gr. 11 hierdie boeke sal weggee of verkoop nie.
Related products
-

The Answer Series Grade 10 Life Sciences 3-in-1 CAPS 9781920297855
R130.00 – R279.00Price range: R130.00 through R279.00 ISBN: 9781920297855Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -

-

-

Afrikaans Handbook and Study Guide (Beryl Lutrin) – 9780620325844
R320.00 – R370.00Price range: R320.00 through R370.00 ISBN: 9780620325844Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

