Via Afrika Lewenswetenskappe Graad 12 Leerderboek 9781415439654

R365.90

ISBN: 9781415439654

Waarom oorleef sommige spesies op Aarde, terwyl ander uitsterf? Hoekom besit sommige organismes uitstaande kenmerke soos om hulleself te kan kamoefleer of immuun te wees teen siektes? Die geheim lê in DNA, waar mutasies plaasvind en van een generasie na ‘n volgende oorgedra word, en daardeur fisiese voordele verskaf wat oorlewing verseker. Dit is slegs een van die fassinerende aspekte wat jy gedurende hierdie jaar gaan ondersoek. Jy sal ook die senustelsel, die sintuie, menslike voortplanting, en voortplanting in ongewerwelde diere ondersoek, aangesien hulle strukture en prosesse die oorlewing van die omgewing verseker. Jy sal nie alleenlik splinternuwe kennis en vaardighede opdoen nie, maar dit ook in toekomstige studies en jou loopbaan kan toepas – jy sal ook ‘n hernude waardering vir die wonder van die lewe en ons planeet kry; die beskerming van die lewe, waarvoor ons as mense verantwoordelik is.