Wo(o)rdslim
R140.00
Prettige woordspeletjies vir kinders! Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek! Wo(o)rdslim bevat 48 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak. Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak! Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in: • Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom temas soos diere, my land, idiome en sport. • Woordsoekblokke • Spelspeletjies • Letterblokke • Kriptogramme en ander briljante breinboelies Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp. Volledige oplossings agter in die boek.
Related products
-

-

-

Platinum English First Additional Language Grade 4 Teacher’s Guide 9780636136595
R120.00 – R376.00Price range: R120.00 through R376.00 ISBN: 9780636136595Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -



