Ouma Mollie se verkeerde verjaarsdag 9780637007061
R190.00
“G’n mens kan so verkeerd verjaar nie!” roep ouma Mollie. Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Ouma Mollie vergeet skoon van haar eie verjaarsdag. Toe sy dit vinnig wil vier, eindig die verjaarsdag in ’n GROOT ramp. Niemand het geweet suurlemoentert kan so SUUR wees nie. Ouma Mollie se vingers en tone krul sommer in vuisies. Ouma Mollie besluit sy moet weer verjaar – sommer môre! Maar o genade, Ouma Mollie se TWEEDE verjaarsdag loop ook nie volgens plan nie. Gaan Ouma Mollie dit regkry om uiteindelik REG te verjaar? En wat het dit te doen met ’n walvis se oog? En seepborrels? En ’n waterwurm? Nee, wag, lees maar self hoe Ouma Mollie die grootste partytjie ooit hou. VEELS GELUK, OUMA!
Related products
-

-

Verneukkind en Ander Verhale 9780636179417
R90.00 – R138.00Price range: R90.00 through R138.00 ISBN: 9780636179417Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -

Trits: Mis, Mirakel en Drif (MML Literêr – Drama en Besprekings) 9780636085602
R140.00 – R208.00Price range: R140.00 through R208.00 ISBN: 9780636085602Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -

Fiela se kind – die drama – 9780624073635
R200.00 – R215.00Price range: R200.00 through R215.00 ISBN: 9780624073635Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

