Max die Masjien (Jaco Jacobs)
R200.00
1 in stock (can be backordered)
1 in stock (can be backordered)
Hy’s rof en onbeskof … en hy is Zander se persoonlike lyfwag!
Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in ’n kompetisie wen: ’n regte egte … ROFSTOEIER!
Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie ’n nek nie. Maar hy het spiere. Sy spiere het spiere. Sy spiere se spiere het spiere. Bo-op al daardie spiere het hy ’n tatoe.
En hy gaan vir ’n hele WEEK lank Zander se persoonlike lyfwag wees!
Zander se tweelingboeties dink dit is die heel beste ding wat nog OOIT met hulle gebeur het. Maar Zander is nie heeltemal seker wat op aarde hy met Max moet doen nie. Niemand anders het nog ooit ’n rofstoeier as lyfwag saamgebring skool toe nie.
Miskien kan Max hom help om vir Wynand Wiese op sy plek te sit. Dalk kan hy hom in sy spesiale Soebat-en-smeek-greep beetkry en hom druk tot sy oë wil uitpop. Wynand het blonde hare en blou oë, en hy lyk so onskuldig soos ’n seuntjie in ’n waspoeier-advertensie. Maar hy is ’n regte boelie. Die soort wat nie eens vir ’n rofstoeier skrik nie.
Ongelukkig loop dinge by die skool lelik skeef.
En Max het boonop ’n geheim van sy eie …
Kom klim in die kryt saam met Max die rofstoeier vir ’n WILDE, WOESTE skaterlag-avontuur uit die pen van Jaco Jacobs!
Related products
-
Sale!

Leer my lees (Vlak 2) Boek 10: Tippie en die braai 9780799375558
R60.00Original price was: R60.00.R40.00Current price is: R40.00. ISBN: 9780799375558 -

Suzie se Superdoeper-Sjampoe (Jaco Jacobs) 9780799351187
R120.00 – R170.00Price range: R120.00 through R170.00 ISBN: 9780799351187Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -

-


