USED – Die Verdwyning Van Mina Afrika 9780624033288
R30.00
1 in stock
1 in stock
Op ‘n dag staan Gert Afrika met die kleuter op sy arm voor die agterdeur van die gegoede blanke boer. “Ek kan nie lat sommer enigiemand na my kind kyk nie, baas! Baas ken die spul! Dis heeldag dronknes en messteek…Sy’s al wat ek oorhet van my eie, baas! Kyk net watse mooie kind is sy!” En so word die driejarige Mina Afrika die aanneemkind van die kinderlose Erik en Sara de Graaff. Hulle wil haar graag ‘n kans in die lewe gee, haar fyn opvoed. Hier is Mina se storie, die suksesvolle debuutroman van Zuretha Roos. Oor die boek se Riana Scheepers: “Die verdwyning van Mina Afrika is eerstens (en laastens) ‘n wonderlike storie. Dit is ‘n verhaal met ‘n verlossende, gelukkige einde; dit is vol menslike deernis; dit betrek die oer-temas en vraagstukke; dit teken ‘n lewendige prentjie van ‘n amper vergete Distrik Ses; dis deel van ons kollektiewe geheue – ‘n boek wat alles het waarna die Afrikaanse leser dikwels vra.” Lees ook die opwindende vervolg: Die tuiskoms van Mina Afrika.
Related products
-
Sale!

USED – Vaselinetjie – Anoeschka Von Meck
R218.00Original price was: R218.00.R100.00Current price is: R100.00. ISBN: USED - 9780624039815 -

Trits: Mis, Mirakel en Drif (MML Literêr – Drama en Besprekings) 9780636085602
R140.00 – R208.00Price range: R140.00 through R208.00 ISBN: 9780636085602Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -

-

Suurlemoen! 9780799342352
R147.00 – R240.00Price range: R147.00 through R240.00 ISBN: 9780799342352Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

