Droomdelwers 9780992228880

Price range: R240.00 through R280.00

KABV Curriculum Grade Graad 11 School Textbooks, New & Used Books. Cambrilearn.

ISBN: 9780992228880

Droomdelwers – Esta Steyn

**Hierdie is die skooluitgawe met spesiale riglyne en ekstras**

Kêppies Killian begin sy storie op die dag wat Hennerik Rooihel se oudste dogter huis toe kom. Dit skreeu om vertel te word, maar hoe vertel mens so ‘n storie? Waar loop haal jy sy begin?

Teenaan die see en teenaan mekaar lê Soutmansdal en Vlaktevlei, net soos Leendra van Hellberg dit onthou: die grondstrate en sypaadjies; poskantoor, winkel, bank; die skool en die kerk — die hart van ‘n gemeenskap wat van die see en soutpanne leef, maar nou moet verskuif.

Daar is oom Phil en sy nuwe vrou, Lucia. Die flambojante Mara Marais. Pastoor Gerald en sy prinsipaalvrou, Jamaina. Die Redelinghuyse van die hotel. Die kunstenares Gretel en Rebekka wat van die Kaap af kom. Oom Kêppies en Koster. Ant Sweetie van die winkel, oom Bontie en Boeta. En Sielie . . .

Sal Sielie haar onthou? Haar tenger sussie met die bleek gesiggie, onpeilbare swart oë en vassteek-tong, vasgevang in haar eie wêreld.

Wat het Sielie sewe jaar gelede bo in die Kleinkloof gesien? Daardie dag toe hul wêreld uitmekaar geruk is. Wat was Gilbert Redelinghuys se rol? Wat het die geheimsinnige Italianer en sy assistent by hul kliphuis gesoek? Watter geheim lê in die vloer van die ou murasie versteek? En waarom kampeer die aantreklike doktor Samuel van der Sandt nou in die kloof?

Leendra het haar straf uitgedien, maar sy kan eers werklik vry wees as sy op hierdie raaisels antwoorde kry. Voordat die stootskrapers Vlaktevlei met die grond gelykvee.