Iewers Vlieg daar Fairy Dust Werkboek
R135.00
10 in stock (can be backordered)
10 in stock (can be backordered)
OPSOMMING
Elmien word wakker toe iemand ‘n hand oor haar mond druk. Sy dink onmiddellik dat dit oom Bok is wat
vir haar gekom het. Die persoon beveel haar om nie te skree nie. Dit is Ruan en hy sê vir Elmien dat hy
haar hulp nodig het. Elmien se oë begin gewoond raak aan die donker in haar ouma se Wendyhuis
waarin sy, haar twee niggies en ouma bly. Ruan het seergekry en vra dat sy hom moet help. Sy kry haar
dokterstas en volg Ruan by die deur uit. Dit is doodstil in die plakkerskamp – ook bekend as Plot 717 of
Hoewe 717. Ruan neem haar na ‘n plek waar daar ‘n klomp stukkende yskaste, wasmasjiene en
tuimeldroërs rondstaan. Sy laat Ruan op ‘n stuk seil lê en ondersoek sy wond. Sy hoor ‘n geluid en iemand
wat vra wat sy daar soek en wat sy met Ruan maak. Sy naam is Temba. Sy sê vir Ruan dat sy die wond
sal skoonmaak en dat hy dan hospitaal toe sal moet gaan, maar Ruan vra dat sý die steke moet insit,
want hy kan nie hospitaal toe gaan nie. Sy beveel Temba om warm water te gaan haal en gee solank vir
Ruan pynmedikasie om te drink. Temba vertel Elmien dat hy en Ruan vennote is: hy kry die stukkende
toestelle op die ashoop, Ruan maak dit reg en hy, Temba, gaan verkoop dit weer. Nadat die wond goed
skoongemaak en ontsmet is, begin Elmien die steke insit. Sy vind uit dat oom Bok Ruan se pa is. Sy
waarsku Ruan dat as infeksie intree hy dadelik hospitaal toe moet gaan. Ruan wil nie hê sy pa moet
hiervan weet nie. Temba belowe om die volgende dag te kom kyk hoe dit met Ruan gaan. Anelda word
wakker wanneer Elmien in die bed klim. Elmien het ‘n lang dag wat voorlê. Sy moet amper opstaan om
skool toe te gaan en ná skool moet sy in die videowinkel gaan werk
Related products
-
Sale!

Platinum Creative Arts Grade 7 Teacher’s Guide 9780636145450
R100.00 – R450.00Price range: R100.00 through R450.00 ISBN: 9780636145450Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -

-

Platinum Technology Grade 9 Teacher’s Guide
R366.00 ISBN: 9780636146112Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -


