Thomas@skaduwee.net
R170.00
1 in stock
1 in stock
ISBN:
9780799366549
Thomas se hele wereld ruk tot stilstand toe sy meisie, Alex, hom uit die bloute los. Boonop lyk dit of sy beste pel, Hannes, vooraf van alles geweet het. Asof dit nie erg genoeg is nie, maak die skoolhoof, meneer Volschenk, en die twee skoolboelies, Flip en Japie, Thomas se lewe vir hom moeilik. Toe hy in skooltyd wegglip om van die hele spul weg te kom, hoor hy per ongeluk ’n geheime gesprek – twee mans beraam planne om ’n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te smokkel. Die smokkelaars beplan om ’n netwerk van geheime tonnels te gebruik wat onder die stad deurloop. ’n Speurtog op die internet bevestig Thomas se vermoede dat daar wel 300 jaar oue tonnels deur die stad loop. Kort voor lank is Thomas vasgevang in ’n duister onderwereld van smokkelary – en sy lewe is in gevaar. Hierdie is die tiende titel in die uiters gewilde Thomas@-reeks. Die reeks fokus sterk op tegnologie, avontuur, vriendskap en tienerromanse – en seuns en meisies vind ewe sterk daarby aanklank. Twee seisoene van ’n TV-reeks gegrond op die boeke is onlangs op kykNET uitgesaai.
Related products
-

Smse, Skurke en Spinnekoppe Handleiding en Gids
R150.00 – R295.00Price range: R150.00 through R295.00 ISBN: 9781920421397Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -

Volmaan (Omnibus) (Jaco Jacobs) 9780799380798
R160.00 – R230.00Price range: R160.00 through R230.00 ISBN: 9780799380798Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -

-

SSS-omnibus 1 (Selfone; Smse; Sepiesterre) 9780799389296
R250.00 – R280.00Price range: R250.00 through R280.00 ISBN: 9780799389296Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

