Via Afrika Afrikaans Huistaal Graad 12 Leerderboek 9781415439593
R319.90
Graad 12 is om baie redes ‘n groot jaar, waarvan van die belangrikste redes is dat jy binnekort die wêreld van werk of verdere studies sal betree. Dit sal jou geweldig help in al jou ondernemings indien jy jou Huistaal bemeester. Dit sal vir jou moontlik wees om deeglik deel te neem aan debatte en dit te verstaan. Dit sal vir jou moontlik wees om jou gedagtes en idees behoorlik te kommunikeer. Dit sal vir jou moontlik wees om te netwerk en geleenthede vir jouself te skep, en sodoende jouself in die werkersmark te bemagtig. Dit is ook belangrik om te onthou dat ‘n groot deel van wat Suid-Afrika so ‘n unieke en spesiale land maak, die feit is dat daar verskeie verskillende tale en kulture teenwoordig is – almal van gelyke belang, en dit onderskei ons as ‘n nasie. Jou vermoë om jouself uit te druk maak van jou ‘n ambassadeur van jou eie taal en kultuur en hierdie boek bevat alles wat jy benodig om jou te help om jou vaardighede in al die nodige dissiplines te verbeter. Daar is ‘n groot wêreld daar buite. Laat jou stem uitstaan.
Related products
-
Sale!


LIKE NEW – X-Kit Afrikaans Additionele Taal – Grade 12 (Higher Grade and Standard Grade)
R80.00Original price was: R80.00.R20.00Current price is: R20.00. ISBN: LIKE NEW - 9780636044609 -

Piekfyn Afrikaans Eerste Addisionele Taal Leerderboek Graad 12 9781770029545
R200.00 – R428.00Price range: R200.00 through R428.00 ISBN: 9781770029545Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -

Platinum Afrikaans Huistaal Graad 12 Leerderboek – 9780636142510
R180.00 – R381.00Price range: R180.00 through R381.00 ISBN: 9780636142510Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -

Afrikaans Handbook and Study Guide (Beryl Lutrin) – 9780620325844
R320.00 – R370.00Price range: R320.00 through R370.00 ISBN: 9780620325844Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

