Dinge wat ek nie van skape geweet het nie 9780799384512
R230.00
KABV Curriculum Grade Graad 8 School Textbooks, New & Used Books. Cambrilearn.
11 in stock (can be backordered)
11 in stock (can be backordered)
Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik ’n skaap by ’n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie …
Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie.
In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op ’n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat ’n fotoboek oor windpompe wil publiseer.
Dit is sy straf omdat hy en sy vriende een aand iets aangevang het wat hulle in groot moeilikheid laat beland het.
Op pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana, wie se pa al die pad van Bloemfontein na Kaapstad met sy fiets ry om geld vir kankernavorsing in te samel. Lana wat nie vleis eet nie, mal is oor boeke en hom (sonder dat sy dit weet) oortuig om ’n skaap te steel.
Luan leer ken vir die eerste keer werklik sy ouma – die hardekwas-predikantsvrou wat al die jare ’n geheim saam met haar ronddra.
En die belangrikste van als: Hy leer homself ken.
Kort voor lank verander ’n vervelige rit deur die Karoo in ’n onvergeetlike reis …
Hierdie humoristiese, hartroerende tienerboek uit die pen van Jaco Jacobs sal jou anders laat kyk na die dinge wat die lewe die moeite werd maak.
Related products
-

Platinum Afrikaans Huistaal Graad 7 Leesboek 9780636146235
R115.00 – R198.00Price range: R115.00 through R198.00 ISBN: 9780636146235Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -

Volmaan (Omnibus) (Jaco Jacobs) 9780799380798
R160.00 – R230.00Price range: R160.00 through R230.00 ISBN: 9780799380798Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -

Suurlemoen! 9780799342352
R147.00 – R240.00Price range: R147.00 through R240.00 ISBN: 9780799342352Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page -


